| Ek het al baie goed verloor
 | 
| En dit nooit ooit weer gevind nie
 | 
| Ek het al baie vir my ma gesê: ek is nie meer 'n kind nie
 | 
| Die lewe is hard en ek verstaan nie meer die punt nie
 | 
| Ek staan langs 'n groot hoop hout
 | 
| Maar ek het nie meer 'n flint nie
 | 
| Ek kry koud op my eie ek soek net 'n klein bietjie warmte
 | 
| Almal is ryk van die liefde en ek is al weer die armste
 | 
| Sommige dae voel ek of ek dood gaan van die hongerte
 | 
| Daar is n leë kol in my maag waar ek weg kruip in die donkerte
 | 
| Ek is gebreek van binne soos my al my speelgoed van toe ek klein was
 | 
| As ek vandag weg stap sal al my goed pas in 'n klein tas
 | 
| Ek soek net n klein tydjie sodat ek die as van my kan afwas
 | 
| Maar die soldate op die muur bombadeer my met die traangas
 | 
| Ek lê onder 'n lappies kombers en probeer nog blokkies aanlas
 | 
| Maar daar is 'n kwaai oom langs my bed en hy sê vir my: Staan vas
 | 
| So ek trek die kombers oor my kop en lê oop voete
 | 
| En stap die lang pad in my pa se groot skoene
 | 
| Chorus (Pierre Greef):
 | 
| As ons staan op die einde van die langpad langs die spoor
 | 
| Daar’s net donkerte daar voor ek staan en bewe
 | 
| Dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor
 | 
| Hou my hand styf vas langs jou sy
 | 
| Is jy nog lief vir my?
 | 
| Sal jy my by die hemel poorte kry?
 | 
| Ons hou vas aan mekaar maar niemand gaan regtig jou nie wees nie
 | 
| Ons skryf briewe vir mekaar wat ons nooit regtig lees nie
 | 
| Want daar’s altyd een verloorder in Russian Roulette
 | 
| Ek moet uitgaan, ek moet werk
 | 
| Maar ek sit vas in die bed
 | 
| Ek stap rond en soek sitplek in leë geboue
 | 
| Ek probeer myself vind in drank en leë verhoudings
 | 
| Ek sit en skryf gedigte, maar word my gedigte digkuns?
 | 
| En ek skree volle bors in die aand met my kop in die kussing
 | 
| Ek lê vir ure in die bad met my kop onder die water
 | 
| Ek slaap elke oggend laat want die wêreld kan wag tot later
 | 
| Ek moet wag, nee, aanbeweeg ontslae raak van my gevoelens
 | 
| So ek stap, ek raak leeg met groot aksies sonder by bedoelings
 | 
| Ek sit alleen op een punt van die wipplank
 | 
| Ek bid alweer vir een sitvlak maar ek sit lank
 | 
| En ek wag vir iemand om op te spring aan die eenkant
 | 
| Maar die vingers van my gevoelens krap diep krap diep in my verstand
 | 
| Chorus (Pierre Greef):
 | 
| As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor
 | 
| Daar’s net donkerte daar voor ek staan en bewe
 | 
| Dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor
 | 
| Hou my hand styf vas langs jou sy
 | 
| Ek het al vêr gewen en al baie vêr verloor
 | 
| Ek het al baie gevoel asof die lewe my versmoor
 | 
| Ek het al baie gesit op die bokant van die berg
 | 
| Ek het al baie gesit in die voorkant van die kerk
 | 
| Om my terug na die langkloof
 | 
| En my ouma se plaas
 | 
| Ek wil saam my suster die skape in die kraal injaag
 | 
| Ek wil sit op my oupa se skoot en stories hoor van die verlede
 | 
| Ek wil rondloop deur die gras tot ek lam word in die knieë
 | 
| Chorus (Pierre Greef):
 | 
| Ons staan en luister hoe die Here en die duiwel oor ons stry
 | 
| Die hartseer is verby
 | 
| Op die ou end dis al wat ek wil hoor rol oor jou tong:
 | 
| Jy wil by my bly
 | 
| Sal jy my by die hemelpoorte kry? |