Song information On this page you can find the lyrics of the song Parkiebank, Herfs 2017, artist - Fokofpolisiekar.
Date of issue: 18.10.2017
Song language: Afrikaans
Parkiebank, Herfs 2017 |
jy mag jouself dalk vind |
in die middel van die dag |
op 'n parkiebank sit |
en dan dink jy |
hoe bekostig hierdie mense hierdie europese karre |
en palasale toskanse tronke |
jy mag dalk dink in 'n arm land is rykdom 'n skande |
maar iemand is altyd ryker as almal anders |
jy mag dalk dink, wat doen ek dat ek |
in die middel van die dag op 'n parkiebank kan sit |
en dan raak ek bly |
want wat is daar om te doen |
wie probeer ek beindruk? |
en dan dink jy by jouself |
ek gaan nie my hele lewe lank werk |
om eendag niks te kan doen nie |
ek sal sommer nou begin |
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê? |
wat maak ons nog hier? |
hierdie plek is nie ons sin nie |
jou huis is waar jou mense is |
my mense het nie tuisland nie |
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, |
wat maak ons nog hier? |
miskien dink jy by jouself |
ek is 'n produk, ek is 'n bemarkingsveldtog, ek is 'n kommoditeit |
dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie |
die middelklas is 'n buffer en ons moet hier uit |
want die honger mense bly nie lank honger nie |
die malles het beheer van die malhuis geneem |
en kom al hoe nader aan die kluis |
in die donker is die blinde een koning |
mag onder koning maak mag onder volgelinge? |
en die koning bly nie lank op sy troon nie |
ek le op die gras en luister lukas maree |
ek vermoed die hart werk soos die weeduwee se kruik |
haar hart is seer want haar man is dood |
en ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is |
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê? |
wat maak ons nog hier? |
hierdie plek is nie ons sin nie |
jou huis is waar jou mense is |
my mense het nie tuisland nie |
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, |
wat maak ons nog hier? |
wat maak ons nog hier? |
wat maak ons nog hier? |
wat maak ons nog hier? |
wat maak ons nog hier? |
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê? |
wat maak ons nog hier? |
hierdie plek is nie ons sin nie |
jou huis is waar jou mense is |
my mense het nie tuisland nie |
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, |
wat maak ons nog hier? |