Lyrics Karoonag - Coenie De Villiers, Karen Zoid

Karoonag - Coenie De Villiers, Karen Zoid
Song information On this page you can read the lyrics of the song Karoonag , by -Coenie De Villiers
In the genre:Музыка мира
Release date:05.01.2017
Song language:Afrikaans

Select which language to translate into:

Karoonag
As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld
En die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê;
As die tweeling en die kreef
Kotteljons oor Beaufort-Wes
En die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet
Ruik jy katbos en kambro
As dit reën in die Kleinkaroo
My hantamwind
My optelkind
Vanaand
Ruik jy katbos en kambro
As dit reën in die Kleinkaroo
My hantamwind
My optelkind
Vanaand, hier vanaand
In die môre as dit blou word
En die amber wolke roer as die son sy eerste lig
Oor die bitterboela stoot;
As die trein by Noupoort fluit
En dit wegraak in die wind
En 'n tolbos iewers vaswaai teen die rant
Ruik jy katbos en kambro
As dit reën in die Kleinkaroo
My hantamwind
My optelkind
Vanaand
Ruik jy katbos en ruik jy kambro
As dit reën in die Kleinkaroo
My hantamwind
My optelkind
Vanaand, hier vanaand
Ruik jy katbos en ruik jy kambro
As dit reën in die Kleinkaroo
My hantamwind
My optelkind
Vanaand
Ruik jy katbos en ruik jy kambro
As dit reën in die Kleinkaroo
My hantamwind
My optelkind
Vanaand, by my vanaand

Share the lyrics:

Write what you think about the lyrics!

Other songs by the artist: