| Tweede Kans (original) | Tweede Kans (translation) |
|---|---|
| Daar was 'n tyd in hierdie lewe | There was a time in this life |
| Wat ek vrede wou maak | Which I wanted to make peace |
| Met die hartseer en alleenheid | With the sadness and loneliness |
| Wat so hard met my praat | Which speaks so loudly to me |
| Nou sit ek op die vlaktes | Now I sit on the plains |
| Van die ou Transvaal | From the old Transvaal |
| En elk van my gedagtes | And each of my thoughts |
| Voel asof hulle verdwaal | Feel like they are lost |
| Na 'n moontlikheid van môre | To a possibility of tomorrow |
| En 'n hart wat lief kan hê | And a heart that can love |
| Sonder twyfel dat daar tog 'n rede was | No doubt there was a reason |
| Want ek weet dat ek weet | Because I know that I know |
| Hoe jy my soen vanaand | How you kiss me tonight |
| En jou oë styf toe maak | And close your eyes tight |
| Jy sal my nooit verlaat | You will never leave me |
| En ek klou aan jou vas | And I'm clinging to you |
| Vir lewe en dood | For life and death |
| Want ek weet dat ek weet | Because I know that I know |
| Tweede kans gekry | Got a second chance |
| Daar is spyt in hierdie lewe | There are regrets in this life |
| Wat jou moedeloos maak | What makes you discouraged |
| Maar die waarheid wat verenig | But the truth that unites |
| Is genoeg om heel te maak | Is enough to make whole |
| Nou staan ons op 'n bladsy | Now we are on a page |
| Van 'n ou verhaal | From an old tale |
| En elk van hierdie woorde | And each of these words |
| Sal ons rigting nou bepaal | Will determine our direction now |
