
Date of issue: 14.11.2019
Song language: Afrikaans
Vier Seisoene Kind |
Sy roep my in die rigting van haar hart |
Waar die winter vure brand |
En die nagte vir die somer lê en wag |
Sy giet haar trane in die see |
Stuur haar woorde met die wind |
Na die strande van lank vergete smart |
Vier seisoene kind, met die winter in jou oë |
Waar het ek jou verloor |
Vier seisoene kind |
Met die liefde in jou palm |
Kyk jou oseaan is kalm |
Vier seisoene kind, vier seisoene kind |
Stuur my nog 'n poskaart met die wind |
Sy maak vir my n painting van die huis |
As die akkerbome rus en die wolke soos vlamme oor ons wag |
Sy gee vir my haar soet September geur |
As die boland lê en bloei |
Met die somer wat klop hier aan my deur |
Vier seisoene kind, met die winter in jou oë |
Waar het ek jou verloor |
Vier seisoene kind, met die liefde in jou palm |
Kyk jou oseaan is kalm |
Vier seisoene kind, vier seisoene kind |
Stuur my nog 'n poskaart met die wind |
Vier seisoene kind met die |
Winter in jou oë, waar het ek jou verloor |
Vier seisoene kind, met die liefde in jou palm |
Kyk jou oseaan is kalm |
Vier seisoene kind, vier seisoene kind |
Stuur my nog 'n poskaart met die wind |
Stuur my nog 'n poskaart met die wind |
Stuur my nog 'n poskaart met die wind |