| Ek het 'n vriendin
| I have a girlfriend
|
| Ver by die blou see
| Far by the blue sea
|
| Teen die hang van Tafelberg as die son sak
| On the slope of Table Mountain as the sun sets
|
| Speel sy die mooiste melodieë
| She plays the most beautiful melodies
|
| Haar vingers ken die pad
| Her fingers know the way
|
| Opgesluit in wit en swart
| Locked in white and black
|
| Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
| The piano's greatest joy, sadness and longing
|
| Verstaan die hart se diepste smart
| Understand the heart's deepest sorrow
|
| Ja, die hele wêreld word stil
| Yes, the whole world is silent
|
| En luister in die donker uur
| And listen in the dark hours
|
| Na die naggeluide
| After the night sounds
|
| Van Lisa se Klavier
| From Lisa's Piano
|
| En Lisa kan nie ophou
| And Lisa can not stop
|
| As sy eers begin het nie
| Once she started
|
| En sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
| And she never lets me walk home or say goodbye
|
| Voor my laaste sigaret nie
| Before my last cigarette
|
| Ek staan op haar balkon
| I'm standing on her balcony
|
| En drink haar appelkoostee
| And drink her apricot tea
|
| Kyk uit na Kaapstad in die nag
| Look out for Cape Town at night
|
| Die liggies en die swart, swart see
| The lights and the black, black sea
|
| Ja, die hele wêreld word stil
| Yes, the whole world is silent
|
| En luister in die donker uur
| And listen in the dark hours
|
| Na die naggeluide
| After the night sounds
|
| Van Lisa se Klavier
| From Lisa's Piano
|
| En onder op die sypaadjie
| And at the bottom of the sidewalk
|
| Sien ek die bergie en sy maat
| I see the bergie and his mate
|
| Gaan staan en opkyk
| Stand up and look up
|
| Ver na bo
| Far to the top
|
| Vanuit die vullis van Oranjestraat
| From the rubbish of Orange Street
|
| Hulle ken al lank die klanke
| They have known the sounds for a long time
|
| Wat uit haar woonstel stroom
| Streaming from her apartment
|
| Lank na twaalf, met die deure oop, al moan die bure ookal hoe
| Long after twelve, with the doors open, no matter how the neighbors moan no matter how
|
| Word Lisa elke boemelaar se droom | Become Lisa every bum's dream |